Dagga ter waarde van N$2,1m by Ariamsvlei gevind
Die Namibiese polisie sê 42,13 kilogram dagga ter waarde van meer as 2 miljoen Namibiese dollar is in ‘n vragmotor by die Ariamsvlei-grenspos gevind. Daar was twee insittendes in die vragmotor en die bestuurder het gevlug toe hy opdrag gegee is om die vragmotor te parkeer na dit geskandeer is. ‘n Passasier, 20 jaar oud, is in hegtenis geneem. Die mag sê dit is die nie die eerste keer wat die twee saam gereis het nie. Die ondersoek duur voort.