Amushelelo soek antwoorde by NBC
Spanning neem toe by die Namibiese Uitsaaikorporasie se kantore in Windhoek se Noordelike Nywerheidsgebied, waar die aktivis en Namibië Ekonomiese Vryheidsvegterslid Michael Amushelelo by die hek betoog. Hy eis ‘n vergadering met die NBC se direkteur-generaal Stanley Similo. Die betoging kom nadat die NBC senior redakteur Anna Nicodemus geskors het ná haar opmerkings aan Newzroom Africa oor verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah se gesondheid, met verwysing na berigte dat sy tydens die verkiesingsveldtog flou geword het.