Tariewe vir langafstandbusse nie verhoog nie – NPPTA

Nuwe bustariewe vir langafstandreise doen op sosiale media die rondte en het ‘n publieke herrie ontketen. Die bygewerkte tariewe, effektief vanaf 1 Desember, toon aansienlike verhogings, met roetes soos ‘n rit van Keetmanshoop na Windhoek wat nou 270 Namibiese dollar kos. Die Namibië Openbare Passasiervervoervereniging, NPPTA, bevestig dat sommige vervoermaatskappye die aanpassings geïmplementeer het, maar die vervoerministerie het nie die verhogings goedgekeur of gereguleer nie. Die publiek word versoek om enige voorvalle van te duur kaartjies aan te meld en te wag op amptelike kommunikasie rakende wetlik goedgekeurde tariewe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nathan Africa, die vervoervereniging se sekretaris-generaal.