Siriese rebelle neem Damaskus oor, Assad vlug
Siriese rebellemagte beweer hulle het Damakus ingeval, en neem sleutelposisie in die hoofstad in. Reuters berig twee senior Siriese weermagoffisiere sê president Bashar al Assad het op ‘n vliegtuig uit Damaskus gevlug na ‘n onbekende bestemming en sy bewind is verby. Die rebelle sê hulle is in verbinding met senior lede van Assad se regime, wat oorweeg om oor te loop. Siriese rebelle sê ook hulle het die derde-grootste stad Homs “totaal bevry”, net ‘n week nadat hulle Aleppo ingeneem het.