Shanghai sal tot 2030 F1 aanbied

Shanghai sal die Chinese Formule Een Grand Prix minstens tot 2030 aanbied nadat sy kontrak met vyf jaar verleng is. Die stad het sy eerste wedren 20 jaar gelede aangebied en dit het vanjaar die eerste keer na die Covid-19-pandemie weer plaasgevind. Die uitvoerende hoof van F1, Stefano Domenicali, sê Shanghai is ‘n ongelooflike stad en die baan is ‘n wonderlike toets vir renjaers. Die Chinese Grand Prix is volgende jaar tweede op die kalender, van 21 tot 23 Maart.