Jou doppie se inflasie het gedaal
Die Namibiese Statistieke-agentskap het ‘n daling in inflasie op alkohol en tabak in November aangeteken. Alkoholiese produkte het met 4,6 persent gedurende die maand gestyg teenoor 8,5 persent in November 2023. Die daling is veroorsaak deur ‘n reuse daling in wit-harde drank, af van 17,2 tot 2,4 persent. Bier en appelbier het ook gedaal van 8,9 persent na 4 persent terwyl vonkelwyn gedaal het van 11,6 persent in November 2023 tot 6,9 persent tans.