Namibiese risikoprofiel bekend gestel
Die regering het ‘n nasionale risikoprofiel bekendgestel om die land se kwesbaarheid vir natuurlike gevare en siektes te evalueer, met die doel om van reaktiewe rampbestuur na proaktiewe risikovermindering te beweeg. Die risikoprofiel is ontwikkel deur die Kantoor van die Eerste Minister en Unam, en beklemtoon sleutelrisiko’s soos droogte, vloede, hittegolwe, windstorms, weerlig en aardbewings. Dit sal besluitneming, hulpbronverspreiding en ontwikkelingsbeplanning op nasionale en plaaslike vlakke verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Albertina Simon, ‘n omgewingspesialis, wat kommentaar lewer oor droogte en weerlig.