GRN se prioriteite is duidelik

Die Namibiese regering bestee 867 miljoen Namibiese dollar op die konstruksie van weermagbasisse, polisiestasies, gevangenisse en howe, amper twee keer die 471 miljoen dollar wat begroot is vir hospitale, klinieke en maatskaplike skuilings. Daar was in nege jaar ook nie ‘n nuwe skool gebou nie. In die vorige boekjaar het die onderwysministerie gesê hy kort amper 3 000 nuwe klaskamers in die volgende drie jaar. Die sekuriteitskluster geniet voorrang en het 10 persent van die 8,7 miljard dollar ontwikkelingsbegroting teenoor die 5,4 persent wat gesondheid ontvang.