Ghana stem vandag vir nuwe president
Verkiesingsdag het in Ghana aangebreek, waar ‘n skuldkrisis en hoë lewenskoste beteken dat die ekonomie die belangrikste kwessie is vir die meerderheid kiesers. President Nana Akufo-Addo tree uit nadat hy die amptelike perk van twee ampstermyne bereik het. Maar hy kan met ‘n bekende gesig vervang word as oudpresident John Mahama in sy terugkeerpoging vir die NDC-party slaag. Sy vernaamste uitdager sal na verwagting vise-president Mahamudu Bawumia wees, wat die land se eerste Moslem-leier sou word as hy vir die regerende NPP-party wen.