Besending Panado-stroop in SA herroep
Die farmaseutiese groep Adcock Ingram Limited het ‘n besending Panado Pediatriese alkohol-vrye druiwegeur stroop in Suid-Afrika herroep. Dit is weens ‘n afsaksel wat aangetref is in die stroop se aktiewe bestanddeel, paracetamol. Volgens die maatskappy se mediese direkteur, Thiruvasan Govindsamy, is beide die 50ml en die 100ml produkte, wat onderskeidelik verval in Julie 2025 en Februarie en April 2026, betrokke. Die produk word by verspreidingspunte herroep en nie van waar mense dit in hulle huise het nie.