Sowat 60% van SA se gesondheidsinstellings voldoen nie aan standaard nie
Die Vereniging van Staatsamptenare is nie verbaas oor die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se onthulling dat 1 866 gesondheidsgeriewe nie aan beroepsgesondheid- en veiligheidstandaarde voldoen nie. Dit vorm deel van 3 092 openbare gesondheidsgeriewe waar toesig-besoeke gedoen is. Claude Naiker van die vakbond sê hierdie uitkoms verteenwoordig meer as 60-persent van die betrokke instellings. Hy sê die veldtog was om ‘n gunstige werksomgewing te verseker in sy strewe na die gesondheid en veiligheid van werknemers in die openbare sektor.