Repokoers sal minder in ’25 daal oor Trump se invoerheffings
Die Bank van Namibië het die repokoers tot 7 persent verlaag en die prima koers tot 10,75 persent, wat feestyd-verligting bring deur laer leningterugbetalings. Theo Klein, ‘n ekonoom van Oxford Economics Africa, sê dit strook met lae inflasie, stabiele reserwes, gedempte kredietvraag en verligting in globale monetêre beleid. Namibië se 2024-koersverlagings beloop nou 75 basispunte, vergeleke met Suid-Afrika se 50. Die laer rentekoerse en meer belastingvoordele sal verbruikers se skuldlas verlig, besteding ’n hupstoot gee en ekonomiese groei ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Klein gesels wat ‘n vooruitskouing vir 2025 gee.