Netwerkdekking vertoon plaaslik goed 

Namibië se telekommunikasie netwerkdekking het gegroei, met 93 persent van die bevolking wat nou gedek is deur 2G, 3G of 4G dienste. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het ongeveer 7 persent van die bevolking steeds nie toegang tot netwerkdekking in sommige streke nie. Die agentskap sê 87,2 persent van die bevolking het toegang tot 3G en 4G met 5,8 persent wat net 2G het wat beperkte dienste bied. Ingevolge streeksdekking, lei Oshana met 99,8 persent, gevolg deur Khomas op 99 persent. Die swakste dekking is in Kavango-Wes met 14,1 persent wat net 2G het en 55 persent met geen dekking nie. Kunene staar soortgelyke uitdagings in die gesig, met 19,3 persent van sy bevolking wat afhanklik is op 2G