N$8m-faktuur: ACC hou verwikkelinge fyn dop

Die faktuur wat die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, versprei het wat na bewering bewys dat die verdedigingministerie 8 miljoen Namibiese dollar vir ’n enkele motoronderdeel betaal het, maak steeds opslae. August 26 Holdings se direksie ondersoek bewerings dat van sy senior beamptes die oorspronklike faktuur-bedrag vir persoonlike gewin opgeblaas het. Kosmos 94.1 Nuus het vir Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie, gevra of hulle ook die saak ondersoek.