Mokka-mousse is die kleur van 2025
Die Pantone Colour Institute het mokka-mousse, ʼn stemmingsvolle, sagte bruin aangewys as sy kleur van die jaar vir 2025. Hy sê die kleur ontlok die behaaglikheid van kakao, sjokolade en koffie, wat saamsmelt met ʼn sensoriese en vertroostende gevoel van warmte. Die instituut se uitvoerende direkteur, Leatrice Eiseman, sê die kleur skep ʼn gevoel van koestering. Pantone se eerste kleur van die jaar in 1999, was hemelblou en in 2024 was dit perskedons – ʼn ligte, vrugtige skakering wat op vrede en rustigheid dui.