Koedoe-entstof kom in Namibië aan

Die lang verwagte aangepaste mondelinge entstof teen hondsdolheid wat spesifiek vir die koedoes in Namibië ontwikkel is, het uiteindelik in die land aangekom. Daar word nou intens aandag geskenk om fase vier van die projek aan die gang te kry. Koedoe-hondsdolheid het die afgelope maande die hoogte in geskiet en daar word ernstig gesoek na meer bekostigbare maniere om die koedoe-bevolking teen hierdie siekte te beskerm. Dr. Rainer Hassel, studieleier en dosent by Unam se Skool vir Veeartsenykunde, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die entstof gepraat.