Kavetokora sê verkiesing was nie regverdig nie
Die president van die RDP-party, Mike Kavekotora, het ‘n beroep op partylede gedoen om kalm te bly terwyl hulle politieke verwikkelinge in die land waarneem. Op ‘n media-inligtingsessie in Windhoek het Kavekotora die verkiesings as onregverdig, bevooroordeeld en hoogs twyfelagtig beskryf en vra dat die Namibië Verkiesingskommissie se kommissarisse bedank. Die RDP het by ander opposisiepartye aangesluit wat regstappe teen die ECN en die wettigheid van die verkiesings van stapel wil stuur.