Kalifornië kondig noodmaatreëls na 7-aardbewing aan
‘n Aardbewing met ‘n omvang van 7,0 het aan die kus van Noord-Kalifornië voorgekom wat gelei het tot ‘n tsoenami-waarskuwing vir minstens 5,3-miljoen mense aan die Weskus. Die waarskuwing is kort daarna opgehef. Dertig na-skokke is aangemeld met meer as 10 000 mense wat sonder krag in die Humboldt-distrik gelaat is. Die aardbewing was een van die grootste in Kalifornië in onlangse jare. Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, sê amptenare fokus nou op die nagevolge van die aardbewing: