Dringende aansoek oor Bwabwata-konsessie vandag in die hof
Die toekenning van ’n toerismekonsessie in die Bwabwata Nasionale Park in Kavango Oos is die kern van ‘n dringende aansoek in die hof voor regter Collins Parker vandag. Die omgewingsministerie het ‘n 25-jaar konsessie aan Nyime Safari Lodge toegestaan om ‘n lodge te ontwikkel in die sensitiewe RAMSAR-gebied van die verlate Buffalo militêre basis. Dit lê aan die Kavangorivier, in die park. Dit kom na ‘n tenderproses van 18 maande, en die tender is verskeie kere gekanselleer en heruitgereik. Die proses wek kommer weens ‘n gebrek aan deursigtigheid en die ekologiese sensitiwiteit van die gebied. Mark Paxton van Shamvura-kamp, wat een van die agt aansoekers is, het meer.