Desert Dash: 900 vat die 20ste een aan oor 401km

Die 20ste Desert Dash begin oor net minder as ‘n uur en meer as 900 fietsryers het in die verskillende kategorieë ingeskryf vanjaar. Een van hulle is Silke Bean wat saam met drie ander dames, die Towerbos Ladies-span uitmaak. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.