DA sê skorsing van Sassa-hoof moet afgehandel word

Die DA het ‘n spoedige ondersoek gevra na die skorsing van die maatskaplike sekerheidsagentskap Sassa se uitvoerende hoof, Busisiwe Memela-Khambula, om te verhoed dat miljoene-rand aan verlofgeld vermors word. Die party vra president Cyril Ramaphosa om die Spesiale Ondersoekeenheid aan te stel om wydverspreide bedrog by Sassa te ondersoek, veral ten opsigte van die Maatskaplike Hulpverleningsfonds. Alexandra Abrahams van die DA sê begunstigdes kry swaar weens vertraagde uitbetalings en bedrog under Memela-Khambula se leierskap: