150 lande kom volgende week hier bymekaar vir natuurvergadering

Honderde afgevaardigdes van meer as 150 lande sal volgende week in Windhoek die 11de voltallige vergadering van die Interregeringswetenskap-beleidsplatform oor biodiversiteit en ekosisteemdienste, IPBES, bywoon. Die omgewingministerie sê die geleentheid sal bewustheid oor Namibië se biodiversiteit verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Natuurstigting oor wat die internasionale afgevaardigdes van Namibië kan leer.