VSA ontken aanspreeklikheid vir kweekhuisgas-vrystellings

Amerika voer aan hy is nie finansieel aanspreeklik vir kweekhuisgas-vrystellings van die verlede nie, en huidige menseregtewette voorsien nie ʼn reg op ʼn gesonde omgewing nie. Die land se verteenwoordiger, Margaret Taylor, het gister ʼn mondelinge voorlegging by die Internasionale Geregshof gedoen. Die hof sal op versoek van die Verenigde Nasies se algemene vergadering bepaal wat lande se bestaande finansiële aanspreeklikheid is vir hul bydrae tot klimaatsverandering. Taylor sê Amerika erken die klimaatskrisis is een van die mensdom se ergste ooit.