Verwydering van Unam-kosverkopers lok hewige reaksie uit
Die herrie het losgebars oor informele handelaars net buite Unam se kampus in die hoofstad. Die stadspolisie het die verkopers verwyder en volgens die Affirmative Repositioning-beweging se jeugvleuel, hardhandig met hulle gewerk en hulle goedere beskadig. In ‘n verklaring sê die vleuel se leier, Onesmus Iyambo, dat baie van hierdie verkopers dikwels moeders is wat bekostigbare etes aan diegene wat nie die universiteit se duur kafeteria-opsies kan bekostig nie, voorsien. Michael Amushelelo het ook die voorval veroordeel.