Versigtig vir brande tydens die vakansie

Die feestyd is ‘n tyd vir feesviering, maar dit is belangrik om brandveiligheid in gedagte te hou. Die gebruik van versierings en beligting asook voorbereiding van groot maaltye kan die risiko van brande verhoog. Deur brandveiligheidswenke te volg, kan jy die feestyd met groter gemoedsrus geniet. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fillipus Sikongo, die senior stasiebeampte van die Stad Windhoek Brandweer, wat ‘n paar veilgheidswenke gee.