Staatsdienskommissie beklemtoon opleiding vir beter dienslewering

Die Staatsdienskommissie het die belangrikheid van opleiding beklemtoon om beter kapasiteit in die diens te bou en beter dienste te kan lewer. Volgens die kommissie is dit is noodsaaklik om vaardighede te verbeter, produktiwiteit te verhoog en om werkers op hoogte te hou van nuwe tegnologieë en beste praktyke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, oor sy personeel, veral omdat daar soveel skadevergoeding hofsake is teen sy ministerie.