Namibiërs moet self Zanu-PF bewerings ondersoek: NNN

Swapo het ‘n perskonferensie by die Gateway-sentrum in Windhoek aangebied en ‘n oorwinning-saamtrek Saterdag by die Sam Nujoma-stadion aangekondig. Dit volg op vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkiesing as Namibië se eerste vroulike president met meer as 57 persent van die stemme. Haar naaste mededinger, Panduleni Itula, het 26 persent gehad. Nandi-Ndaitwah het vrae oor die verkiesing se regverdigheid en die Verkiesingskommissie se aanspreeklikheid vir ‘n verskeidenheid uitdagings op stemdag aangespreek.

Oor bewerings dat Zimbabwe se Zanu-PF by die verkiesings ingemeng het, sê Nandi-Ndaitwah Namibiërs moet hul eie ontledings doen.