Jeug sal betrek word in die bekamping van korrupsie

Die Teenkorrupsie Kommissie het by ‘n regeringsinligtingsessie verslag gedoen oor die inhuldiging van sy nuwe takkantoor in Rundu en die herdenking van die Internasionale Teenkorrupsiedag op 9 Desember. Josephine Nghituwamata, die kommissie se skakelbeampte, sê hul strategie is om in die toekoms die jeug by hul pogings te betrek.