Inflasie bly laag, maar nie in Khomas nie
Inflasie vir November het op 3 persent ingekom, dieselfde as Oktober s’n maar, laer as die 5,7 persent wat in November verlede jaar aangeteken is. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die hoogste inflasie is in Khomas aangeteken waar verbruikers 4,1 persent ervaar het terwyl die res van die land, sones 1 en 3, net 2,3 persent ervaar het.