Flight Centre hou SAL loodse-staking fyn dop
Flight Centre South Africa monitor die staking van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Vlieëniersvereniging. Die vereniging het in Mei aanvanklik ‘n verhoging van 30-persent in vlieëniers se salarisse geëis, wat daarna verlaag is tot 15,7-persent plus verwante voordele. SAL het ‘n salarisverhoging van 8,46-persent aangebied. Flight Centre se besturende direkteur, Euan McNeil, sê hoewel die duur van die staking nie duidelik is nie, is daar aansienlike kommer oor die moontlike ontwrigtings tydens die Desember-reisseisoen.