EU voltooi studie oor EU-Namibië handelsverhouding
Die EU-afvaardiging na Namibië het ‘n werkswinkel aangebied om die konsepbevindinge van ‘n onafhanklike studie oor EU-Namibië handels- en beleggingsverhoudinge te bespreek. Die studie deur ekonoom Robin Sherbourne ondersoek handelsdata en direkte buitelandse beleggingstendense tussen die twee streke oor die afgelope dekade. EU-ambassadeur Ana Beatriz Martins sê die vennootskap het ontwikkel van tradisionele hulpverlening na ‘n handels- en beleggingsgerigte verhouding wat daarop gemik is om volhoubare ontwikkeling te bevorder. Die finale bevindinge sal aan die regering voorgelê word vir hersiening. Martins het sommige van die bevindinge uitgelig.