Desert Dash het nuwe kategorieë
Die wêreld se langste enkelskof-bergfietswedren, die Desert Dash, begin môremiddag in die hoofstad en eindig 24-uur later by Swakopmund na ‘n moordende 401 kilometer deur die Namib-woestyn. Meer as 900 fietsryers het ingeskryf vir die wedren, wat vanjaar vir die 20ste keer plaasvind. Daar is 80 tweepersoonspanne, 156 vierpersoonspanne en 190 enkeldeelnemers. Vyftien atlete gaan ook meeding in die kategorie vir e-fietse. ‘n Nuwe kategorie vir mense oor 50 is vanjaar ingestel.