Biden vergader in Lobito met 4 staatshoofde

Die presidente van Angola, Kongo en Zambië en die visepresident van Tanzanië het in die Angolese hawe Lobito met Amerikaanse president Joe Biden vergader. Dit was oor die plan om ‘n spoorlyn uit te brei wat kritieke minerale vanaf die Kongo en Zambië na die Weste via Lobito kan kanaliseer, en Chinese invloed in die streek teenwerk. Amerika het ‘n lening van amper 10 miljard Namibiese dollar verskaf vir die projek, wat behels die opknapping van ‘n bestaande spoorlyn deur Angola en die uitbreiding daarvan tot in die Kongo se mynhartland as deel van die eerste fase. Geen datum is nog gegee vir die voltooiing daarvan nie.