ActionSA weier dat buitelanders spazawinkels in townships oorneem
ActionSA sê hy kan nie staan en toekyk hoe buitelanders spazawinkels in townships en landelike gebiede oorneem nie. Die party het gister in Soweto betoog dat alle spazawinkels slegs vir Suid-Afrikaners gereserveer moet word. Dit volg na die dood van meer as 20 Gautengse kinders weens vermoedelike voedselvergiftiging wat met spazawinkels verbind word. ActionSA-leier, Herman Mashaba, sê hy is nie gekant teen buitelandse sakeondernemings nie, solank hulle wettiglik funksioneer: