Xinfeng op heterdaad betrap, myn is gesluit 

Plaaslike berigte lui dat die operasies by die Xinfeng-myn by Uis gestaak is na ‘n besoek deur die mynwese-kommissaris Isabella Chirchir. Volgens New Era is die myn se operateurs gevang waar hulle erts van ‘n ander perseel, 10 kilometer weg van hulle hoofperseel, aanry. Daar word berig dat derduisende metrieke ton se litium onwettig gemyn is en gemeng is met die wettige erts en uitgevoer is. Die maatskappy het drie maande terug gesê hy het bedrywighede gestaak as gevolg van gebrekkige toerusting.