Guinee: Daar’s 135 dood sê regtegroepe

Regtegroepe in Guinee sê sowat 135 mense is Sondag dood in ‘n stormloop by ‘n sokkerstadion in die suidooste van die land. Die amptelike syfer staan tans op 56. ’n Omstrede skeidsregtersbeslissing het skaregeweld ontketen met die polisie wat met traangas gereageer het. Toe die skare probeer vlug het dit in ‘n vertrapping ontaard. Daar word volgens wat berig word, steeds meer as 50 mense vermis.