Burgemeesterlose Windhoek ‘dui op persoonlikheid-politiek’

Stad Windhoek het tans nie ‘n burgemeester, onderburgemeester of voorsitter van die munisipale raad nie. Raadslede het by Maandag se vergadering uitgestap sonder om vir die ampsdraers te stem, en ‘n twee vergadering Dinsdag is verdaag na net vier lede opgedaag het en daar dus nie ‘n kworum was nie. Die stemmery is uitgestel tot 9 Desember. Ander dorpsrade stem ook en daar was ook probleme op Katima Mulilo. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van die politieke ontleder Dr. Marius Kudumo, wat sê plaaslike owerheid-verkiesings behoort te gaan oor dienslewering, nie politiek nie.