Thailand stuur 961 smokkeldiere terug na Madagaskar
Thailand stuur bykans ‘n duisend hoogs bedreigde skilpaaie en lemurs huis toe na Madagaskar, in ‘n geskiedkundige oorwinning oor dieresmokkelary. Volgens Thaise amptenare is die repatriasie die grootste nog tussen die twee lande. Die polisie het die diere in Mei tydens ‘n operasie teen smokkelhandel in die suidelike provinsie, Chumphon, teruggekry. Onder hulle was verskillende spesies skilpaaie en lemurs, almal op die lys van die wêreld se mees bedreigde diere. Altesaam 961 lewende diere sal vanaf Saterdag op drie vlugte van Qatar Airways teruggestuur word.