Solidariteit waarsku GNU oor BELA-ooreenkoms

Die vakbond Solidariteit sê sy ooreenkoms met die regering oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette staan vas, ondanks teenkanting. Volgens die vakbond stel die ooreenkoms wat tussen die Presidensie en die ministerie van Basiese Onderwys onderteken is, die instel van omstrede bepalings uit, tot die vereiste norme, standaarde en beleide gefinaliseer is. Dit kan tot 18 maande neem. Solidariteit se uitvoerende hoof, Dirk Hermann, waarsku regstappe sal volg indien die regering die ooreenkoms probeer omseil: