Mbumba se toespraak van vandag uitgestel
President Nangolo Mbumba se toespraak aan die nasie wat vir vandag geskeduleer was, is uitgestel tot na al die amptelike verkiesingsuitslae bekendgemaak is. Mbumba se toespraak sou verwikkelinge rondom die verkiesings insluit. Die presidensiële perssekretaris Alfredo Hengari het by monde van die NBC Namibiërs om verskoning gevra vir die uitstel en enige ongerief wat dit kon veroorsaak. Hy het Mbumba se oproep vir geduld in hierdie tydperk herhaal.