IPC skiet steeds kort, Swapo loop voor
Die jongste verkiesingsuitslae toon dat 791 249 stemme in die presidensiële verkiesing uitgebring is met Netumbo Nandi-Ndaitwah van Swapo wat 56,35 persent ontvang het. Die IPC se Panduleni Itula het 27,34 persent met Bernadus Swartbooi van die LPM op 5,72 persent. McHenry Venaani het 3,98 persent en Job Amupanda, 1,84 persent. Vir die parlementêre stem het 636 508 kiesers hulle kruisies getrek. Vir die top-vyf loop Swapo voor met 54,83 persent. Die IPC is tweede op 19,53 persent. Affirmative Repositioning het 6,41 persent met die LPM op 5,86 persent en die PDM op 4,45 persent. Daar is 79 kiesafdelings in die presidensiële stem uit 121 getel en 80 vir die Nasionale Vergadering.