Forest 4.0 gee woudbewaring ‘n hupstoot
Navorsers aan Litause en Sweedse universiteite het Forest 4.0 ontwikkel wat kunsmatige intelligensie, groot data en blokketting gebruik om woude beter te bestuur. Die stelsel stel mense in staat om toestande in woude deurentyd te monitor. Blokketting-tegnologie beveilig nasporing- en sertifiseringsinligting wat toestelle soos hommeltuie en sensors help met volhoubare oesprosesse, brandbestuur en monitering van die natuurlewe. Navorsers sê die doel is om ʼn datagedrewe, deursigtige benadering tot woudbewaring te skep, te help om ontbossing te bekamp en belangrike ekostelsels te beskerm.