VSA-owerhede moet mikroplastiek monitor

Meer as 170 top-omgewingsgroepe het ‘n nuwe regsversoekskrif ingedien wat eis die Amerikaanse Omgewingbeskermingsagentskap moet mikroplastiek in drinkwater monitor. Mikroplastiek is mikroskopiese stukkies plastiek wat óf opsetlik by produkte gevoeg word, óf van groter produkte wat plastiek bevat afskilfer. Onafhanklike toetse het mikroplastiek aangetref in byna alle drinkwatermonters wat getoets is. Die versoekskrif plaas druk op die agentskap om mikroplastiek kragtens die Wet op Veilige Drinkwater in 2026 te begin toets as ‘n nuwe besoedelingsmiddel.