Stropery: Al hoe meer georganiseerd, gesofistikeerd en dus, gevaarliker
Suider-Afrika staar ‘n krisis in die gesig weens die kommerwekkende toename in stropery-aktiwiteite. Die streek se diverse ekosisteme en unieke biodiversiteit is onder erge druk, met stroperysindikate wat al meer gesofistikeerd, georganiseerd en dus gevaarliker raak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security, wat die probleem verder toelig.