SA moet ook, nes Namibië, mielies invoer

Suid-Afrika gaan geneties aangepaste wit en geel mielies vanaf die VSA invoer nadat droogte produksie met 22 persent laat krimp het. Rondom 800 000 metrieke ton is nodig ná Suid-Afrika se kleinste mielie-oes in vyf jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, bestuurder vir akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad gesels oor die plaaslike situasie.