Namibië deel van eerste Internasionale Nama-fees
Die eerste Internasionale Nama-fees vind van 12 tot 16 Desember in Carnarvon, Noord-Kaap plaas. Suid-Afrika, Namibië en Botswana werk saam om die Nama-taal, -kultuur en -geskiedenis te vier, terwyl maniere ondersoek word om dit vir toekomstige geslagte te bewaar. Twaalf riel- en Nama-dansgroepe sal deelneem, ses van hulle uit Namibië. Danksegging Sondag op 15 Desember sal ‘n oggenddiens insluit gelei deur predikante van die drie lande, asook gewyde sang-optredes die aand. Die fees word afgesluit met ‘n vergadering van Nama-stamhoofde, die feeskomitee en belanghebbendes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Maboss Ortmann, ‘n lid van die Nama Tradisionele Leiersvereniging tegniese komitee, oor die belangrikheid van die unieke fees.