NAC het planne vir lughawe-opknapping met olie- en gassektore
Namate Namibië se olie- en gassektor uitbrei, sal lughawens in Lüderitz en Keetmanshoop infrastruktuuropgraderings nodig hê om die groter vraag van reisigers, goedere en bedryfsverwante dienste te hanteer. Dit sluit in uitbreiding van terminale, opgradering van aanloopbane en verbetering van vragfasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy, wat hul planne uiteensit.