Londen tiende keer beste stad ter wêreld

Londen, bekend vir sy wêreldberoemde museums en naglewe, is die tiende agtereenvolgende jaar bekroon as die beste stad ter wêreld. Die Wêreld se Beste Stede-verslag vir 2025 het ‘n peiling gedoen onder meer as 22-persent van mense in 30 lande om die 270 grootste wêreldstede op ‘n ranglys te plaas. Volgens die verslag maak Londen se veerkragtige gees en globale aantreklikheid hom steeds ‘n aanloklike stad. New York is tweede op die lys, gevolg deur Parys, Tokio, en Singapoer. Kaapstad is 85ste.