Klimaat: Geregshof sit oor wetlike verantwoordlikhede van lande

Die Internasionale Geregshof begin vandag met verhore in ‘n waterskeidingklimaatsveranderingsaak. Dit draai om wat wetlik van lande wêreldwyd verwag word om klimaatsverandering teen te werk en kwesbare lande te help om die verwoestende gevolge daarvan te beveg. Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het die hof verlede jaar gevra vir ‘n regsmening oor die verpligtinge van state rakende klimaatsverandering. Prokureurs en verteenwoordigers van meer as 100 lande en organisasies, sal tot volgende Vrydag voorleggings aan die hof doen.