Israel oortree wapenstilstand 54 keer: Libanon
Minstens twee mense is dood in Israeliese aanvalle op Suid-Libanon, volgens Libanese owerhede, terwyl die speaker van die Libanon se parlement Israel van 54 oortredings van die onlangse wapenstilstand-ooreenkoms beskuldig. Een persoon is dood in ‘n Israeliese lugaanval op die dorp Marjayoun, sowat 10 km van die VN-getekende blou lyn wat Libanon van Israel skei, berig Reuters. In ‘n ander voorval het ‘n Israeliese hommeltuigaanval ‘n lid van die Staatsveiligheidsmag doodgemaak terwyl hy in Nabatieh, 12 km van die grens, aan diens was. Staatsveiligheid noem dit ‘n flagrante skending van die wapenstilstand.